LIFE FM RADIO

Ds. Willie Henning is die spreukbuis vir die Agapé Gemeente op Donderdae om 13:00 tydens die program “PITSTOP MET GOD” waartydens Ds. Willie oor taal/kultuur en kerk grense heen met so ongeveer 55 000 luisteraars sy passie kan deel, wat niks anders is as JESUS CHRISTUS en SY GOEIE NUUS van VERLOSSING, VERGIFNIS EN VERSOENING met die VADER is nie.
Nie net is daar die Pitstop met God program nie, maar ook Woensdaeaande om 20:00 op Facebook wat daarna Ds. Willie Henning geluister kan word.
Indien jy nog nie ingeskakel het nie, doen so dadelik
Vir Potchefstroom is die kanaal 98.1 FM / Klersdorp en die KOSH Area is dit 100.6 FMof dan aanlyn www.lifefm.co.za . Gaan laai gerus ook die App of Toep af en moenie vergeet om Lifefm se Facebook kanaal ook te gaan ‘Like’ nie asb.
Bid vir hierdie groot bediening wat koninkrykswerk is.
Luister na vorige programme en reekse reeds uitgesaai.
Soek na “PITSTOP MET GOD” om spesifiek na Ds. Willie Henning se program te luister.