• Welkom By Jou Nuwe Tuiste

    Kom Wees Tuis ... By Jou Drie Generasie Gemeente. Ons is ‘n Dinamiese, Groeiende, Bybelse Gemeente wat Omgee met Liefde; Wat Jou wil Toerus om Jou Skeppingsdoel te Ontdek en te Ontwikkel, sodat Jy God kan Dien met Jou Volle Potensiaal.

    BEGIN HIER
  • KERKLOOS, KERKVOOS OF RIGTINGLOOS

    Moenie toelaat dat die vyand Jou beroof van Ware Aanvaarding, Geluk, Vreugde en Vrede nie. Bloot die Feit dat Jy hierdie lees is 'n sekere bewys dat God Belangstel in Jou lewe en Hy het reeds voorsiening gemaak, dat Jy kan deel word van die Familie van Christus

    WAAR PAS JY?

KOM BELEEF DIE VADERHART VAN GOD by die AGAPÈ GEMEENTE in Potchefstroom

Agapè is die woord wat gebruik word, om die onvoorwaardelike, uitgestorte Vaderliefde van God te beskrywe, wat aan die mens geopenbaar is, deur Jesus Christus, sodat ons God en mens waarlik kan liefhê vanuit ’n rein hart.

Feature image
PREKE / BOODSKAPPE

Dinamiese Woord Gefundeerde Prediking. Boodskappe wat ’n doelgerigte appèl rig, tot die Hart van elke Luisteraar.

Feature image
KINDERKERK & SONDAGSKOOL

Waar Kinders en Jongmense in ’n veilige omgewing, van die Liefde van God kan leer, waar elke kind aanvaar word en waar moeite gedoen word om toe te sien dat elke kind holisties versorg word. Die Kinderkerk Personeel doen besonderse moeite met die voorbereiding van elke les en sorg dat die les op ’n praktiese, visuele wyse, volgens elke kind se vermoë aangebied word, sodat elke kind die geleentheid gegee word, om op die roepstem van God te reageer.

Feature image
ONS KUIER SAAM

Saam maak ons ’n verskil en as Liggaam van Christus, kuier en werk ons saam. Ons is meer as ’n Span, ons is Familie.

Feature image
WAT GEBEUR WANNEER

Kom word deel en volg ons kalender. Bid en Werk saam om die Spesiale geleenthede en uitreikaksies ’n sukses te maak. Van Kampe tot Kaskenades, Van Saamsing tot Saambid, Van Prediking tot Poeding, is die doel om toe te sien, dat elke mens die Ewige Lewe sal Beërwe.