WIE IS ONS

Agapé Gemeente is ‘n Bybelse Evangeliese Gemeente in die Heiligheids Tradisie, Wesleyaans en as denominasie Kerk van die Nasarener Internationaal.

Ons glo dat God ons as wedergebore kinders van die Here, oproep tot ‘n heilige lewens wandel.

Die christen lewe word gekenmerk deur die reiniging van die hart van erfsonde en die vervulling met die Heilige Gees as ’n tweede genade werk na wedergeboorte.

Die ondervinding word ondervind deur algehele toewyding en oorgawe aan die wil van God.

Net soos redding is volkome heiligmaking nie deur werke nie, maar is ‘n genadewerk van God, wat in die geloof opgeneem moet word. Die gevolg is om God en mens lief te hê en te dien uit ’n rein hart.

Hierdie leerstelling van redding en volkome heiligmaking onderskei Agapé Gemeente van ander Christelike denominasies.

Ons verwelkom en ontvang jou graag by Agape Gemeente en as Herders-paar sien ons uit daarna om saam met jou te groei.
Sal jy asb. saam bid vir die leiers van die gemeente en so ook vir elke individu en afdeling wat deel vorm van die groter kerk.
Ons Herders-paar hieronder is Ds. Willie Henning, sy vroutjie Berdine en hul dogter Berlien.

Like ons op Facebook

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF

Om Kontak te behou
Name
Email *