ONS KUIER SAAM
Saam maak ons ’n verskil en as Liggaam van Christus, kuier en werk ons saam. Ons is meer as ’n Span, ons is Familie.
ONS STAAN SAAM TEEN MENSEHANDEL.
Dr.Anja Visser, STOP en Liza Daniels die Skrywer het ‘n bewusmakings veldtog by ons aangebied.

LIZA DANIELS Saam met die Dr. Anja Visser en die STOP span.
GRATIS HAARSNY VIR SKOLIERE IN DIE BEGIN VAN ELKE JAAR< WIL DIT GRAAG BY MEER GELEENTHEDE AANBIED.
DAMES ONTBYT 2019 By Laboheme Gastehuis, saam met José De Canha en Bibi van Getroud met Rugby
VAKANSIE PRET EN KINDERFEESTE word deur die jaar tydesn vakansies aangebied. Wonderlik om kinders se hongerte te sien na Jesus. Bid,vertrou en werksaam met die ouers om te verseker dat die kinders ‘n geleentheid sal kry om Jesus Christus aan te neem as Verlosser en Saligmaker.
Berdine Henning my egenote, is vuur en vlam vir kinder werk en hier vervul sy die rol van Kaptein tydens die VBS se Bootcamp week. Hier het hulle geleer van die wapenrusting en hoe om dit te gebruik. By Volkskool het die Here vir ons ‘n wonderlike oop deur gegee, waar ons die kinders kan bedien die Woord op n vlak wat hulle kan verstaan. Bid dat daar ook in hierdie harte ewige saad gesaai sal word.